Mummie, 4 300 jaar oud, in Kaïro ontdekJanuary 27, 2023
Argeoloë het moontlik die wêreld se heel oudste mummie in Egipte ontdek. Die 4 300 jaar oue mummie wat met goud bedek was, is in ‘n skag van 15 meter diep ontdek in ‘n begraafplaas by Sakkara, suid van Kaïro, waar drie ander graftombes ook ontdek is. Die mummie van ‘n man met die naam Hekashepes, was in ‘n kalksteensarkofaag wat met messelklei verseël is. Onder die ander grafte wat gevind is, was een wat aan Khnumdjedef, ‘n priester, inspekteur en toesighouer van edeles behoort het.