Mulunga se arbeidsaak teen Namcor vir vandag neergelê
Die hoërhof se arbeidsafdeling sal na verwagting vandag die aansoek van die geskorste besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga aanhoor. Hy vra die hof om die twee klagtes wat hy in die gesig staar te hersien en tersyde te stel. Hy vra ook die hof om enige verdere stappe wat die maatskappy teen hom in verband met die klagtes geneem het en wil neem, onwettig verklaar word. Mulunga is op 23 Mei verhoor maar, is intussen deur die Teenkorrupsie-kommissie gevrywaar van enige oortreding in verband met ‘n oorbetaling van 100 miljoen Namibiese dollar aan ‘n Angolese oliemaatskappy. Namcor het hom aangekla van bedrog en oortreding van sy werkskontrak. Regter Eileen Rakow sal na verwagting die saak aanhoor.