Multichoice en Justisie-departement teiken roofkyk
Die Suid-Afrikaanse justisie-departement en die Multichoice-groep span kragte saam in die stryd teen roofkyk met die ondertekening van ‘n memorandum van verstandhouding. Die ooreenkoms is gemik op beleidsontwikkeling, kapasiteit-opbouing en die beskerming van intellektuele eiendomsreg. Albei partye het hulle toewyding bevestig tot die stryd teen roofkyk, wat jaarliks miljarde Suid-Afrikaanse rand uit die ekonomie dreineer.