Muller sê oor die verkoop van die renosters aan die VSA

Kosmos 94.1 Nuus het eksklusief met Jaco Muller van Kifaru Luxury Lodge and Bush Camp, en die Rhino Momma-projek gepraat oor die verkoop van 40 renosters aan kopers in Texas in die VSA. Texas is uiters geskik vir die hervestiging van veral Namibiese fauna omdat die gebied soortgelyk is aan sentraal Namibië, sonder die droogte toestande. Vrae is gevra oor die verkoop van die diere met media wat berig dat hy 20 miljoen Namibiese dollar sal verdien. Muller het die verkoopsproses verduidelik.

Vrae is ook gevra oor hoe dit moontlik is om ‘n Cites-permit te bekom om die diere uit te voer na ‘n land waar hulle  nie endemies voorkom nie sowel as of hulle moontlik in Texas gejag sal word. Muller het dit ook verduidelik. 

Die Boeing 747 wat deur Network Aviation gehuur is, het nog nie Hosea Kutako verlaat nie. Die redery is uiters ervare met die vervoer van diere en het, onder andere, in Desember 2021 30 witrenosters van Suid-Afrika na Rwanda vervoer.