Mufeti sê daar was oortredings in Swakoprivier

Inwoners van Okahandja het einde April ‘n petisie ingedien oor vermoedelik onwettige sandmyn-aktiwiteite in die Swakoprivier-bedding. Die ondertekenaars is erg bekommerd oor die skade wat aan die omgewing en ekologie gedoen word. Hulle het gevra dat alle onwettige sandmynaktiwiteite oombliklik gestop moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met omgewingskommissaris Timotheus Mufeti gepraat, wat sê dat die maatskappy ‘n nakomingsbevel gegee is om sekere aktiwiteite stop te sit.

Mufeti voeg by die maatskappy het wel ‘n permit om sand te myn, maar hulle is besig om te ondersoek of daar aan die voorwaardes voldoen word want hulle ontvang steeds klagtes.