Mudge: Uitstel van LP-lede se bateverklarings ‘n grap

Reaksie is van die oud-parlementslid Henk Mudge ontvang na aanleiding van die nuus dat parlementslede die verklaring van hul bates uitgestel het. Parlementslede moet teen 30 April jaarliks hul bates en belange by die sekretaris van die Nasionale Vergadering indien maar, dit is vanjaar uitgestel. Volgens die Nasionale Vergadering is die sperdatum tot 30 Junie verleng omdat die lede besig was om vir reses voor te berei. Die nie-nakoming en lakse afdwinging van hierdie spertyd het egter ‘n kultuur in die huis geword. Mudge het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê dit is ‘n grap.