Mudge sê gesonde verstand het geseëvier met Trump se herverkiesing
Uiteindelik het gesonde verstand geseëvier en die burgers van die VSA het besluit hulle het genoeg gehad van die ‘Deep State’ wat vorige presidente soos Clinton, Obama, Biden en ook Kamala Harris beheer het. Dit is die mening van Henk Mudge, president van die Republikeinse Party. In ‘n verklaring sê hy Donald Trump se oorwinning is ‘n oorwinning vir die vrye wêreld en is ‘n seën vir lande wat in oorlog gewikkel is. Hy sê miljoene mense regoor die wêreld het gebid vir die uitslag en alle glorie aan God daarvoor. Die winde van verandering waai en hy hoop ook in die komende Namibiese verkiesing.