Mudge sê Geingob moet Saara laat gaan, na vertoning by kongres

Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, sê President Hage Geingob moet eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila vervang. In sy mening is haar swak vertoning in die afgelope Swapo-kongres se verkiesings net weer ‘n bewys dat sy haar nie goed van haar taak kwyt nie. Hy voeg by daar is ook geen vertroue in haar nie.