Mudge sê daar’s geen nut om Johannesburg toe te reis nie
‘n Afvaardiging van die Namibiese Verkiesingskommissie en 18 politieke partye is in Johannesburg om die druk en verpakking van stembriewe vir die plaaslike verkiesings waar te neem. Die proses het ‘n herrie ontketen met die maatskappy Ren-Form wat betrek is by korrupsie van miljoene dollar in Zimbabwe. Die Christian Democratic Voice, die PDM en die Republikeinse Party het nie lede gestuur nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Republikeinse Party-president, Henk Mudge gepraat wat sê hy het nie die nut daarin gesien om Johannesburg toe te gaan nie.