Mudge hou vol inentings is nadelig vir mense

‘n Stemgreep het die naweek die rondtes gedoen wat Namibiërs waarsku teen enige inentings omdat dit blykbaar kanker veroorsaak. Die kankervereniging het kort daarna ‘n verklaring uitgereik wat sê hulle distansieer hulself teen die aantygings en dat epidimologiese informasie baie sensitief is. Die navorsing wat daarmee gepardgaan volgens die vereniging is ‘n fynere kuns. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Republikeinse Party se president, Henk Mudge, wat sy mening lug.