MTN sluit sentrums in Sudan

MTN in Sudan het sy hoofskakelsentrums in Manshia en Garden City gesluit weens ‘n brandstoftekort en kragonderbrekings. Dit het tot ‘n algehele netwerkafsluiting gelei terwyl die oorlog in die land voortduur. MTN het in ‘n verklaring die versekering gegee hy is verbind tot die verskaffing van noodsaaklike kommunikasiedienste, terwyl hy die veiligheid en welsyn van alle belanghebbendes vooropstel. Die MTN-groep doen alles wat hy kan om die situasie so gou moontlik op te los.