MTC-slenters duur voort

Swendelaars is weer besig met hul truuks om Namibiërs van hul swaarverdiende geld te probeer beroof. Mense word gebel en gesê die oproep is van die netwerkverskaffer MTC af en hulle het geld gewen. Een spesifieke slagoffer is ‘n Kosmos 94.1 luisteraar wat ons nuusspan van so ‘n voorval in kennis gestel het. Kosmos 94.1 Nuus het uitgereik na John Ekongo, MTC se korporatiewe kommunikasie bestuurder, wat sê die oproepe kom beslis nie van hulle af nie en mense moet bedag wees op rooi vlae wanneer hulle uit die bloute gebel word.