MTC is tevrede met SIM-registrasie
Die kommunikasie-regulerende owerheid van Namibië het in Januarie verpligte SIM-kaartregistrasie ingestel. Die sperdatum vir registrasie is 31 Desember vanjaar, waarna SIM kaarte wat nie geregistreer is nie, geblok sal word. Die publiek is verdeeld oor die kwessie, veral weens kommer oor hoe die inligting wat verskaf moet word, gebruik sal word. MTC gaan egter voort met registrasies en die maatskappy se korporatiewe kommunikasiebestuurder, John Ekongo, sê hulle is tevrede met die verloop van sake.