Mr Price se aandeelprys val

Die mode- en huiswaregroep Mr Price waarsku finansiële druk op verbruikers en die uitwerking van beurtkrag in die buurland is onuithoudbaar en plaas groot druk op sy inkomste. Ondanks rekord-groei in verkope van meer as 36 persent die laaste drie maande van verlede jaar, het die maatskappy se aandeelprys met tien persent geval. Mr Price sê sy nuut verkrygde Studio 88 en Yuppiechef-ketting het sy inkomste ‘n hupstoot gegee.