Mpumalanga se openbare werke misluk

Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd omdat die provinsiale regeringsdepartemente telkens misluk om hulle eie Uitgebreide Openbare Werke-programme se teikens te haal. Die provinsie het die tweede grootste uitgebreide werkloosheidsyfer in Suid-Afrika. ‘n DA-woordvoerder, Bosman Grobler, sê die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer sou in die eerste kwartaal van 2023/2024, 3 059 werksgeleenthede in sy Openbare Werke-program skep, maar het net ‘n skamele 331 geslaag: