Mpora-kliniek nou 3 maande sonder water
Die Mpora-kliniek in die Kavango Oos-streek is al drie maande sonder water. Volgens die dagblad New Era het die streek se gesondheidsdirekteur Fransisca Hamutenya in Julie onderneem op watertoevoer te herstel maar, dit situasie is steeds onveranderd. Pasiënte wat die kliniek besoek gebruik nabygeleë bosse as toilette omdat die beskikbare ablusiegeriewe nie gebruik kan word nie. Blykbaar word daar nou gewag op aflewering en herstel van die boorgat wat blykbaar teen ‘n slakkepas beweeg. Die kliniek is 75 kilometer noord van Grootfontein geleë.