MP-party neem hul setels in NV in

Die MK-party sê hulle het na regsadvies besluit om hulle 58 setels in die Nasionale Vergadering van 400 setels in te neem, terwyl hulle in ander forums sal veg teen die kwessie van die beweerde knoeiery met die verkiesing. Dit is op ‘n mediakonferensie in Johannesburg aangekondig. Die woordvoerder van die MK-party, Nhlamulo Ndhlela, sê hulle sal aansluit by die alliansie wat bekendstaan as die Progressive Caucus.