Moya sal bestendigheid aan Tshwane bring
Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê die nuutverkose onder-burgemeester, Nasiphi Moya, sal help om die koalisie-regering bestendig te maak. Sy was voorheen die gewese DA-burgemeester, Stevens Mokgalapa, se personeelhoof. Moya word ondersoek vir beweerde finansiële ongerymdhede ten opsigte van ‘n besoek aan Saoedi-Arabaië. Sy is egter onbestrede verkies met steun van die DA-geleide koalisie. Brink glo Moya sal ‘n beduidende leierskapsrol speel: