Mount Etjo se Oelofse vra vir wettiging van renosterhoring-handel

Renoster-stropery wek groot kommer in Namibië en getalle neem toe. Verlede jaar is 87 renosters gestroop, amper dubbel die 45 wat in 2021 dood is. Vanjaar is daar ook reeds verskeie gevalle bevestig. Mount Etjo Safari Lodge versorg ook wees-kalfies en Annette Oelofse sê daardie getalle neem toe met sommige van die diertjies wat gekwes by hulle aankom. Haar seun, Alex, is van mening dat die handel in renosterhoring gewettig moet word om die spesie te red. Hy het die somme daaraan verbonde so verwoord.