Motsoaledi kan nie ZEP ophef nie

Die Helen Suzman-stigting het die jongste hofuitspraak oor die Zimbabwiese vrystellingspermit verwelkom. ‘n Volle regbank in die Pretoria hooggeregshof het bevind die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, se besluit om die permit op te hef is ongrondwetlik en ongeldig. Die hof het ook ‘n tussentydse interdik aan die Zimbabwiese immigrasie-federasie toegestaan wat keer dat permit-houers in hegtenis geneem en uit die land gesit word. Nicole Fritz van die stigting sê dit wat op die spel is, het geweldige gevolge maar is terselfdertyd uiters alledaags: