Motshekga loof uitstekende matriek-uitslae

Die 2022-matriekklas in Suid-Afrika het baie beter as Namibië gevaar met ‘n slaagsyfer van 80,1 persent, wat ‘n verbetering is van die 76,4 persent wat in 2021 aangeteken is. Die onderwysminister, Angie Motshekga, het die uitslae bekend gemaak. Die Vrystaat het weer die beste presteer met ‘n slaagsyfer van 88,5 persent, ‘n styging van 2,8 persent vergeleke met 2021, gevolg deur Gauteng met 84,4 persent en KwaZulu-Natal met 83 persent. Motshekga sê geen provinsie het onder 70 persent behaal nie: