Motshekga loof matrieks vir goeie uitslag

Suid-Afrika se matrieks het beter as Namibiese leerders presteer. Die buurland se onderwysminister, Angie Motshekga, sê die prestasie van die Klas van 2023 is die hoogste nog sedert die aanvang van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen in 2008. Die matriekklas het ‘n 82,9 persent slaagsyfer behaal, wat ‘n verbetering van 2,8 persent verteenwoordig. Die Vrystaat het weereens die beste gevaar met ‘n slaagsyfer van 89 persent, gevolg deur KwaZulu-Natal met 86,4 persent, en Gauteng met 85,4 persent. Motshekga sê die matrieks het buitengewoon goed presteer, ten spyte van die uitdagings: