Motorvrye Dag lê klem op alternatiewe vervoermiddels
Motorvrye Dag is ‘n jaarlikse geleentheid wat wêreldwyd gehou word om groter gebruik van volhoubare alternatiewe vervoermiddels as motors te bepleit, soos fietsry. Dit sal ook omgewings-, gesondheids- en gemeenskapsverwante uitdagings aanspreek. Stad Windhoek sal saam met die res van die wêreld hierdie geleentheid herdenk op 29 September 2023. Stadswoorvoerder Lydia Amutenya het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.