Motorverkope veel minder in Augustus
Die jongste syfers van voertuigverkope in Namibië toon ‘n beduidende afname van 13,2 persent in Augustus met ‘n totaal van 1 094 nuwe voertuie wat verkoop is, vergeleke met 1 260 wat in Julie verkoop is. Verkope van handelsvoertuie het ook gedaal, met 592-eenhede wat verkoop is, teenoor 622-eenhede in Julie 2023. In Augustus is 502-passasiersvoertuie verkoop, wat dit die derde swakste verkoopsmaand sover die jaar maak. Intussen sê die navorsingsassistent van Simonis en Storm, Angelique Bock, kliënte verkies om nuwe voertuie, eerder as gebruikte voertuie te koop.