Motorsport: Verstappen spring voor weg in Monaco

Motorsport: Die Formule Een-voorloper Max Verstappen het vir Fernando Alonso die loef afgesteek vir die voorste wegspringplek by die Monaco Grand Prix en toegegee selfs hy sal graag die immergroen Aston Martin-jaer weer wil sien wen. Die Spanjaard, wat soos Verstappen ‘n tweemalige wêreldkampioen is, het nog nie ‘n wedren gewen vandat hy ‘n dekade gelede by Ferrari was nie.  Alonso was voorlopig in die voorste wegsprinkposisie todat Verstappen vorendag gekom het met ‘n verstommende ronde vir alle tye en die voorste plek ingepalm het, terwyl die Aston Martin-jaer nog langs hom in die eerste ry sal wegspring vandag.