MotoGP-wedren na Barcelona verskuif

Die seisoen se laaste MotoGP-wedren gaan volgende naweek in Barcelona in Spanje plaasvind nadat dit verskuif is vanuit die vloedgeteisterde oostelike stad Valencia. Die dodetal het reeds tot minstens 217 gestyg en talle mense word nog vermis. Barcelona het vroeër die seisoen die Katalaanse Grand Prix aangebied. Die wedren, wat in eensgesindheid met die gemeenskap van Valencia gehou word, sal die kampioenskap beslis. Die plaaslike jaer Jorge Martin is bo-aan die punteleer en het ‘n voorsprong van 24-punte oor die verdedigende kampioen, Francesco Bagnaia van Italië.