MotoGP-titel sal in laaste resies beslis word

Motorsport: Die verdedigende wêreldkampioen, Francesco Bagnaia, kan steeds sy MotoGP-titel behou nadat hy die Maleisiese Grand Prix gewen het. Die Italianer het drie sekondes voor sy kampioenskapsmededinger, Jorge Martin, geëindig, met Enea Bastianini derde. Brad Binder van Suid-Afrika was in ‘n ongeluk betrokke en kon nie klaarmaak nie. Die kampioenskap sal later die maand in die laaste wedren van die seisoen beslis word, met Martin wat tans met 24 punte voorloop. Bagnaia sê hy geniet die mededinging om die titel.