Motlanthe sê Zuma het self sy penarie veroorsaak
Die voormalige adjunkpresident van die ANC, Kgalema Motlanthe, sê die tugproses teen die gewese party-president, Jacob Zuma, is ‘n regverdige proses. Zuma is aangekla van oortreding van die party se grondwet omdat hy die MK-party onderskryf. Die ANC het Zuma in Januarie geskors oor optrede wat die party se integriteit uitgedaag het. Motlanthe het tydens ‘n verkiesingsveldtog in Soweto gesê Zuma se keuses het self sy huidige penarie veroorsaak.