Moskou se maksimum vandag ‘n heerlike -23°C tot -21°C  

Ons kla dis warm en dis droog maar, as jy jou in Moskou of St. Petersburg in Rusland vandag bevind het, het jy vanoggend ‘n minimum van –26 grade Celsius gehad met ‘n heerlike en gemaklike maksimum van tussen –23 en –21 grade gedurende die dag. Klink heerlik nê? Maar, kenners meen die tipe van koue is nie ongewoon gedurende Januarie nie en in 1940, het die koudste temperatuur ooit in Moskou aangeteken die kwik laat sak tot –42,2 grade Celsius. Daar word berig dat inwoners van die Russiese hoofstad gewoond is hieraan en steeds die buitelewe geniet.