Mosiehof: N$12m in reël 108 aansoeke

Daar was vanoggend 111 aansoeke om verstekvonnisse en reël 108 beslissings voor Regters Thomas Masuku en Kobus Miller in die Mosiehof in die hoofstad. Kommersiële banke het 43 van die aansoeke gebring. Daar is 19 lenings op eiendomme wat teruggeëis is ter waarde van net minder as 16 miljoen Namibiese doller. Die eerste aansoek vir ‘n huislening by Osona Village is vandag in die Mosiehof aangehoor. Vyf voertuie is teruggevra en 19 onbetaalde lenings, ter waarde van 9,4 miljoen doller is geëis. Daar was 9 reël 108 aansoeke met ‘n waarde van net meer as 12 miljoen doller. Maandag sal Regter Harald Geier 14 onverdedigde egskeidings aanhoor.