Mosiehof hanteer N$51m in bank-eise
Kommersiële banke het in vanoggend se mosiehof 37 onbetaalde lenings met ‘n uitstaande waarde van 20,7 miljoen Namibiese dollar opgeëis. Van die lenings was uiters hoog met uitstaande balanse van meer as ‘n miljoen dollar. Daar was 115 aansoeke in totaal, waarvan 15 reël 108 aansoeke was. ‘n Totaal van 67 verstekvonnis-aansoeke is deur banke gebring met vier voertuie wat terugbesorg moet word en 26 eiendomme met ‘n uitstaande waarde van 31,5 miljoen dollar is teruggevra. Die twee sessies is deur regters Eileen Rakow en Herman Oosthuizen hanteer. In Maandag se sessie sal regter Claudia Claassen 42 onverdedigde egskeidings hanteer.