Mosiehof hanteer N$144,2m in eise
‘n Reuse-bedrag van 140,5 miljoen Namibiese dollar is in eiendom opgeëis tydens die mosiehof-sessies vanoggend. Dit is aangedryf deur eise vir 31 miljoen en 58 miljoen dollar deur kommersiële banke. Regters Collins Parker en Herman Oosthuizen het die twee sessies hanteer. Daar was 15 lenings wat nou betaalbaar is met ‘n skuldlas van 3,7 miljoen dollar en 23 eiendomslenings ter waarde van 140,5 miljoen dollar. Een voertuig moet ook terugbesorg word. Maandag hanteer regter Eileen Rakow 41 onverdedigde egskeidings.