Mosiehof-eis van N$58m skuif na hoërhof
Die aansoek vir ‘n verstekvonnis van 58 miljoen Namibiese dollar deur First National Bank teen Erongo Petroleum is van die rol verwyder omdat die maatskappy verdediging aangeteken het. Die maatskappy was onlangs in die nuus met The Nambian wat in April berig het dat Namcor skuld van 120 miljoen dollar by hom eis. Erongo Petroleum word onder andere deur sakeman Austin Elindi besit. Hy is ook ‘n aandeelhouer in die militêre brandstof-voorsieningsmaatskappy Enercon. Namcor het Enercon verlede jaar hof toe gesleep vir skuld van 60 miljoen dollar. Enercon word deur Peter en Malakia Elindi, en August 26, besit. The Namibian sê die maatskappy het ‘n 15-jaar kontrak sedert 2016 om brandstof aan die verdedigingsministerie te voorsien sowel as ‘n tien-jaar kontrak om brandstof aan NWR te voorsien.