Mosiehof: Banke bring meer as helfte van aansoeke

Daar was 110 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof voor regters George Coleman en Thomas Masuku, waarvan meer as die helfte, 53 aansoeke deur kommersiële banke was. Daar was nege reël 108-aansoeke. Daar is 21 eiendomslenings ter waarde van sowat 21,69 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met 30 lenings waarop 6,6 miljoen dollar geskuld word. Twee voertuie moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Orben Sibyea 21 onverdedigde egskeidings hanteer.