Mosiehof: Bank soek woonstel vir skuld van N$32 700

Regters George Coleman en Kobus Miller het vanoggend 88 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof hanteer. Daar was tien sake op die reël 108 rol. Kommersiële banke het 48 van die sake gebring met 22 eiendomme wat opgeëis is as gevolg van 36,9 miljoen Namibiese dollar se skuld. In een geval eis ‘n bank ‘n woonstel in die hoofstad terug vir net minder as 33 000 dollar se skuld. Daar is ook 26 lenings waarop amper 20,5 miljoen dollar geskuld word. In Maandag se sessie hanteer die regter Collins Parker 66 onverdedigde egskeidings.