Mosie van vertroue in Johnson vanaand
Terwyl meer as 40 parlementslede van die Britse Konserwatiewe Party reeds openbare beroepe gedoen het dat premier Boris Johnson bedank, het die nodige 15 persent van die party se parlementslede op hulle beurt gevra dat ‘n mosie van vertroue in Johnson gehou word. Graham Brady, die voorsitter van die Britse 1922 Komitee wat in beheer is van die proses, sê dit word vanaand gehou.