Mosie kom oor Suidwes-Afrika identiteitsdokumente

Binnelandse sake-minister Albert Kawana het in die Nasionale Vergadering aangekondig hy wil ‘n wetsontwerp voorlê om huwelikseremonies te reguleer. Die mosie en die wetsontwerp sal in die komende dae meer breedvoerig verduidelik word. Kawana sê hy sal môre ‘n mosie ter tafel lê om Namibiese burgerskap te gee aan enigiemand met die ou Suidwes-Afrika identiteitsdokumente.