Moseweni kuier by Ramaphosa Donderdag

President Cyril Ramaphosa sal te midde van verskeie uitdagings op eie bodem Donderdag sy Ugandese eweknie, President Yuweri Museveni, tydens ‘n amptelike besoek ontvang. Die twee leiers sal na verwagting politieke- en handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Uganda bespreek, en sal ook aandag skenk aan veiligheid en vrede in Afrika. ‘n Senior adviseur in Museveni se kantoor, Odrek Rwabwogo, sê samewerking tussen die twee lande is noodsaaklik. Verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye het die afgelope paar jaar hul sakebedrywighede na Uganda uitgebrei.