Mosambiekse reuse-robyn behaal US$35 miljoen op veiling

‘n Robyn wat in Julie verlede jaar in ‘n myn in Mosambiek gevind is, is op ‘n veiling in New York in die VSA teen ‘n rekord-bedrag van net minder 35 miljoen Amerikaanse dollar verkoop. Die steen van 55,22 karaat staan bekend as die Ster van Fura. Die myn behoort aan die Dubai-gebaseerde maatskappy Fura. Geslypte robyne van meer as vyf karaat is uiters seldsaam.