Mosambiek se kitsbanke werk baie hard

Bankkliënte in Mosambiek het in die eerste agt maande van vanjaar gemiddeld meer as 180 miljoen Namibiese dollar by kitsbanke onttrek. Dit is volgens die land se sentrale bank. Mosambiek het ‘n bevolking van amper 33 miljoen mense en 1 500 kitsbanke. Die hoogste aantal onttrekkings, 7 573 096 transaksies, is in Maart aangeteken. Meer as 30 Mosambiekse volwassenes uit elke 100 het ‘n bankrekening, ‘n toename van 26 persent in die bestek van tien jaar.