Mosambiek-olifante uit konflik verwyder

Die Aspinal-stigting en die Natuurlewe-noodfonds het met die Vredespark-stigting saamgespan vir die dringende hervestiging van 13 olifante uit die buffer-gebied van die Maputo-spesiale reservaat in Mosambiek. Die projek-koördineerder, Dereck Milburn, sê die diere moes verskuif word weens konflik met gemeenskappe in die gebied wat wou hê hulle moet geskiet word. Hy sê dit was een van die uitputtendse hervestigings-projekte. Dit het 32 uur geduur om die olifante te vang, waarna hulle na die Zinave Nasionale Park vervoer is.