Moratorium op sardyne bly in plek

‘n Moratorium op die vang van sardyne bly vir nog ‘n jaar in plek. Die getalle van die vis is steeds nie voldoende nie. Volgens Derek Klazen, minister van visserye gaan die ministerie voort met sy navorsingsprogram om die getalle noukeurig te monitor en sal visvangaktiwiteite heropen sodra die bevolking van die visspesie tot ‘n biologies volhoubare vlak herstel het. Daar is aanduidings dat sardyne as byvangs voorkom maar, Klazen sê dit beteken nie outomaties dat sardyne herstel het nie. Dit is slegs deur wetenskaplike navorsing wat ‘n bepaling van die biomassa gemaak kan word.