Moratorium op hout-oes ‘n sukses

Die moratorium wat in 2018 op die oes, vervoer, bemarking en uitvoer van hout ingestel is, het gelei tot ‘n groot vermindering in ontbossing en onwettige hout-oes bedrywighede. Volgens Teofilus Nghitila, die uitvoerende direkteur van die omgewingsministerie, is monitering- en inspeksie-aktiwiteite van woude ook verskerp om onwettige bedrywighede te voorkom. Die moratorium is gedeeltelik opgehef sodat hout binne die land vervoer kan word, wat gelei het tot die vestiging van plaaslike saagmeulens en verhoogde plaaslike waardetoevoeging tot houtbronne. Nghitila sê die ministerie oorweeg dit om die moratorium volgende jaar ook gedeeltelik te lig vir ten minste gemeenskapswoude.