Moordvisse sink seiljag in Straat van Gibraltar
‘n Seiljag het in Marokkaanse waters in die Straat van Gibraltar gesink nadat dit deur ‘n onbekende aantal moordvisse gestamp is. Volgens die maritieme reddingsdiens van Spanje is twee mense deur ‘n verbygaande tenkskip opgepik. Dit is die jongste in ‘n reeks moordvis-voorvalle in die gebied die afgelope vier jaar. Wetenskaplikes is in die duister oor wat presies die voorvalle ontlok, maar vermoed die hoogs intelligente soogdiere speel net. Daar was nog nooit ‘n geval waar ‘n moordvis ‘n mens in die natuur aanval nie.