Moordverhoor van SA-vrou in Nieu-Seeland begin vandagJuly 17, 2023

Die verhoor van die Suid-Afrikaanse vrou wat aangekla word dat sy haar drie dogters in Nieu-Seeland vermoor het, begin vandag in die Hooggeregshof in Christchurch, Nieu-Seeland. Lauren Anne Dickason ontken dit was moord en beweer sy was geestelik erg versteurd. Die staatsaanklaer, Andrew McRae, het aan die hof gesê kort nadat Dickason op 15 September 2021 kabelbinders gebruik het om die dogters te probeer versmoor, het sy hulle met hulle komberse versmoor voordat sy haar eie lewe probeer neem het. Die verhoor sal na verwagting twee weke duur en talle getuies insluit, onder andere haar man Graham.