Moordverdagte vat homself, slagoffer na hospitaal

Die polisie in Windhoek het vroegdag met ‘n vreemde moordsaak te doen gekry toe huismoles ‘n ongewone wending geneem het. Woonstelbewoners in Ballotstraat naby die Maerua mall het die polisie gebel nadat hulle ‘n bakleiery en geslagsbaseerde geweld in ‘n ander woonstel gehoor het. Toe die polisie opdaag is hulle egter vertel die verdagte het weggejaag. Intussen het ‘n voertuig voor die noodingang van die Katutura staatshospitaal parkeer en ‘n ernstig beseerde man het aan verpleegsters gesê daar is ‘n vrou in die kar wat dringend aandag benodig. Die vrou, Frieda Amadhila was egter reeds dood weens steekwonde aan haar bors en arms. Haar naasbestaandes is in kennis gestel. Die verdagte, ‘n 22-jarige man, is opgeneem met ‘n ernstige wond aan sy keel en is in ‘n kritieke toestand. Die moordwapen is nog nie gevind nie en die ondersoek duur voort.