Moordenaar vas na 44 jaar, oor kougom

‘n Amerikaanse man sal in Junie gevonnis word nadat hy skuldig bevind is aan die moord op ‘n kollegestudent in 1980. Die 60-jarige Robert Plympton van Oregon is uiteindelik verbind met die dood van die 19-jarige Barbara Mae Tucker. Sy is ontvoer van die Mount Hood Communicity College, seksueel aangerand en doodgeslaan. Die saak het gesloer totdat DNS-ontleding Plympton uitgeken het as ‘n waarskynlike verdagte. Die polisie het hom dopgehou en kougom opgetel wat hy uitgespoeg het, wat daartoe gelei het dat hy as die moordenaar uitgeken is.