Moordenaar Jason Rohde moet binne twee dae vonnis uitdien

Die voormalige Gautengse eiendomsbestuurder, Jason Rohde, moet binne twee dae begin om sy 15 jaar vonnis weens die moord op sy vrou uit te dien. Die hooggeregshof in Kaapstad het vandag sy aansoek om die verlenging van sy borgtog van die hand gewys hangende sy appèlaansoek in die Konstitusionele Hof. Rohde het sy vrou, Susan, in 2016 in hul hotelkamer in die Kaapse Wynlande vermoor. Die hooggeregshof het hom beveel om voor 11 uur Saterdagoggend aan te meld by ‘n korrektiewe sentrum, maar sy regspan sê hulle beplan om te appelleer.