Moord op bekende pynappelplaas in Kenia ondersoek

‘n Ondersoek het aan die lig gebring dat sekerheidsbeamptes van die Del Monte-pynappelplaas in Kenia beskuldig word van wreedaardige aanrandings en moord op mense wat verdink word van betreding op sy grond. Die ondersoek is deur The Guardian en die Buro van Ondersoekende Joernalistiek gedoen. Die plaas buite Thika is die enkele grootste uitvoerder van Keniaanse produkte na die wêreld, insluitend die voorsiening van geblikte en vars pynappels na supermarkte in Brittanje en elders. Del Monte sê hy neem die bewerings ernstig op en ‘n volledige ondersoek is van stapel gestuur.