Moord op 6 patrolleerders verregaande, hartseer, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa het die moord op ses gemeenskaps-patrolleerders in Qumbu in die Oos-Kaap as hartseer en verregaande beskryf. Die moord volg ʼn week na die massaslagting in Lusikisiki. Die patrolleerders was volgens berigte Sondagaand besig om gereed te maak vir diens toe onbekende, gewapende mans op hulle losgebrand het. Ses lede is dood en vier is gewond. In Lusikisiki is 18 mense verlede Saterdag doodgeskiet. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê misdadigers moet gestop word, want hulle terroriseer gemeenskappe en glo hulle is onaantasbaar.